OORSIG VAN PSPU ONTSTAAN & GESKIEDENIS                                      
                                  
Die PSPU het ontstaan uit n Proffesionele Klub wat binne een jaar gegroei het na 'n
Unie. Die onstaan van die PSPU het gekom van duiweboere wat nie tevrede was met
die gewone wedvlug samestelling in Pretoria nie en hulle wou nuwe idees en stelsels
probeer om die wedvlugsport interesanter te maak. Ook een van die belangrikste redes
vir die stigting van die PSPU was om die die beginsel van regverdige meededinging te
bevorder. Gesamentlike loslating was een van die faktore wat in werking gestel is om dit
te bereik. Daar is vanaf meet gevind dat die verspreiding van die uitslae baie beter was
met die gesamentlike loslating. Die duiwe se gehalte verbeter ook as gevolg van die feit
dat die duiwe uit groter pakke moet uitbreek om die huis te vind, baie minder duiwe kom
gesamentlik by hul tuiste aan. Verder is daar ook meer akkurate afstande gebruik met
die uitwerk van resultate deur gebruik te maak van 'n GPS op elk van ons voertuie.Dit
was ook 'n groot verbetering en het ook bygedrae tot die regverdigheids beginsel.              
  
Wat die PSPU ook uniek maak is dat ons slegs 'n beperkte hoeveelheid duiweboere
toelaat om lede van die organisasie te word naamlik 75 maksimum. Aansoeke word
gekeur deur die bestuur en lede moet ook elke jaar deur hulle klub her-aansoek doen
vir lidmaatskap. Die PSPU is gestig om vir duiweboere alternatiewe keuses te bied
aangaande duiwe wedvlugte.                
'n Paar van die mees belangrikste grondbeginsel van die organisasie is:                
a) Regverdige meededinging te bevorder;        
b) Gesamentlike loslating vir al ons wedvlugte in die hoofprogram te bekom;        
c) Loslatings moet verkieslik saam met 'n groter Johannesburgse organisasie                  
    wees;        
d) Addisionele geriewe vir lede te skep aangaande oefening van duiwe;        
e) Addisionele wedvlugte aan ons lede te bied buiten die hoofprogram nl. 2 tot 3                
    wedvlugte per week plus die Sprint Series en Babareeks wat apart staan van die           
    hoofprogram;
f) Mees ekonomiese model om aan wedvlugte deel te neem aan lede te bied;        
g) Duiwe alle moontlike erkening vir prestasie te gee;
h) Lede se belange eerste te plaas;
i) PSPU proffesioneel en winsgewind te bedryf;
j) Skemas en Spesiale wedvlugte opsioneel aan te bied;
k) Die duiwesport in die algemeen te bevorder;
l) Nie noodwendig die Grootste te wees nie, maar die Beste.
Van die beste duiweboere neem deel aan PSPU wedvlugte en top prestasies is reeds
onder die vaandel van die PSPU behaal en nog vele meer word in die toekoms verwag.   
Die PSPU sal hulle steeds beywer om nuwe idees, beginsels en stelsels te ondersoek,
op proef te stel en indien suksesvol dit dan te implimenteer.
About Us
Constitution of the PSPU Union